Combrinks gesoek
2007-05-03
EK is tans besig om die Combrin(c)k stamregister te voltooi vir publikasie later vanjaar. Dit handel oor die nageslag van Herman Combrink wat in 1717 Kaap toe gekom het en in 1720 met Machteld Ley getroud is.
Tans is daar reeds 5 630 Combrin(c)k name in die register, wat nie die eggenotes en Combrin(c)k dogters se nageslag insluit nie. Hiermee rig ek ‘n vriendelike versoek dat alle persone met die Combrin(c)k van of dames wat hierdie nooiensvan het, asseblief met my in verbinding sal tree. Dit handel oor insluiting in die stamregister.
Skryf aan Posbus 652, Suider-Paarl, 7624 of alet@blignaut.co.za of skakel 021-863-1689.
Alet Swanepoel
More
News
|