Dankie aan SAPS
2007-05-03
SONDAGAAND 22 April kort na sesuur het my huis se alarm afgegaan terwyl ons nie tuis was nie en ook nie per telefoon bereikbaar was nie.
Die polisie is deur die sekuriteitsmaatskappy ontbied en hulle was binne minute op die toneel en het op ‘n uiters professionele wyse die area beveilig en verseker dat daar nie ‘n inbraak was nie.
Hiermee bied ek my verskoning aan die SAPS vir die feit dat die vals alarm deur ons eie nalatigheid veroorsaak was.
In dieselfde asem wil ek ook ‘n pluimpie gee vir ons manne en vroue in blou vir die gerusstellende wete dat hulle altyd daar is om te dien en beskerm.
Garrett de Villiers Suider-Paarl
More
News
|