Lief vir bome
2007-05-03
ONLANGS is begin met die opstel van ‘n lys van “Kampioenbome in Suid-Afrika.” Hierdie is bome wat besonder groot of van bepaalde historiese betekenis is.
Bome wat reeds gelys is, sluit die groot boom by Tsitsikamma (Outeniekwa-geelhout) en die Poskantoorboom by Mosselbaai (Witmelkhout) in.
Is daar in die Paarl enige boom wat aan genoemde kriteria voldoen – miskien die “wasboom” voor die Polisiekantoor of een of ander eik of ’n boom in die Arboretum?
Terselfdertyd kan ‘n mens vra: hoeveel van ons ken die bome wat langs ons straat, op ons plaas of op ons erf staan?
Dit kan nuttig wees om inligting uit te ruil en ons kennis te verbreed. Ekself het onlangs enkele skaars boompies bekom soos Nieshout, Mingerhout (een van die groot vyf) en Blinkblaar-witessenhout. As daar iemand is wat belang stel in ons rykdom aan bome en om ‘n gesprek daaroor te voer, is hy/sy welkom om my te bel by 021-872-5835.
More
News
|