Liggaam uitgeken na sewe jaar
2007-05-10
DIE liggaam van ’n vrou wat reeds in 2000 in die Bergrivier gevind is, is verlede week deur familielede uitgeken nadat ’n berig onlangs in Paarl Post verskyn het.
’n Lid van die publiek het op 1 Oktober 2000 op die gru-fonds afgekom in die rivier naby die Aboretum-brug. Die vrou was naak en daar word vermoed dat sy verkrag en vermoor is.
Familielede het nou foto’s positief uitgeken as Julene Olivier (24) van Paarl-Oos. Gee inligting vir insp JT Petersen skakel by 021-807-4000.
More
News
|