Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Train bomb scare

Train bomb scare
 
2007-05-10


HONDERDE pendelaars en skoliere is gisteroggend erg ontwrig toe bom-dreigemente die Drakenstein-gebied getref het.

Die treinspoor tussen Wellington en Klapmuts is gesluit nadat ’n anonieme oproep deur die owerhede ontvang is dat daar ’n moontlike gevaar op die spoor skuil.

Kort op die hakke van dié dreigement was nog ’n oproep wat gelei het tot die ontruiming van Hoër Meisieskool Paarl.

’n Sekretaresse van die skool het ’n oproep van ’n vrou ontvang wat vir haar gesê het dat daar ’n bom op die skoolterrein is.

Die kinders is volgens die skool se veiligheidsmaatreëls na die sportgronde gelei.

Na ongeveer ’n uur, waartydens lede van die polisie se honde-eenheid die perseel gefynkam het, is die perseel veilig verklaar.

Intussen is honderde spitstyd-pendelaars op verskeie plaaslike treinstasies gestrand gelaat.

Die trein tussen Worcester en Kaapstad het ongeveer 06:45 vanuit Huguenotstasie vertrek, maar is byna dadelik tot stilstand gebring.

Die drywer het pendelaars gevra om die trein te ontruim.

Spoornet het so gou moontlik met ’n spoorweg-trollie ’n veiligheidsinspeksie op die spoor uitgevoer met die hulp van die polisie.

Dié roete is vir die meeste van die oggend gesluit voordat dit veilig verklaar is.

Sedert die begin van die jaar is verskeie bomdreigemente in die Paarl ontvang en ’n woordvoerder van die polisie het gesê dat hulle almal die werk van ’n gekskeerder is.

“Die persoon bel elke keer van ’n ander telefoon-hokkie af en dit is dus moeilik om sy bewegings te spoor. Elke dreigement word uiters ernstig opgeneem.

“Ons gebruik egter al ons hulpbronne om dié gekskeerder aan te keer. Mense wat aan sulke dade skuldig bevind word kan tot R10 000 beboet word, sowel as gevangenisstraf van tot tien jaar uitdien.”

* Bomb threats left hundreds of local train commuters stranded in peak hour, as well as disrupting a Paarl school.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za