Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vrouesokker kry hupstoot

Vrouesokker kry hupstoot
 
2007-05-10


’n SOKKERDAG vir vroue is verlede Dinsdag by die Boy Louw-velde in Noorder-Paarl aangebied as deel van die voortgaande pogings om dié sport vir vroue in Drakenstein te bevorder.

Daar is verlede jaar met vier plaaslike vrouesokkerspanne begin en alhoewel daar nie ’n plaaslike liga was nie, het hulle ook aan die jaarlikse Mayoral Cup-toernooi deelgeneem.

Die koördineerder van vrouesokker in Drakenstein, Fransisco Naudé, sê hulle het teen die einde van verlede jaar ’n liga vir vroue gestig.

“Daar is tans sewe klubs betrokke en die sokkerdag is gereðl as registrasie vir spanne om te kan speel in die Boland superliga. Die wenners van die Boland liga, wat hierdie naweek begin, sal kwalifiseer om volgende jaar aan die Vodacom-beker deel te neem.”

Deelnemers was Lady Hawk (Paarl), Newton United, Paarl Pirates United, Young Juventus (Paarl), Saints United (Wellington) en Paarl Ladies. Hulle het ’n reeks rondomtaliewedstryde teen mekaar gespeel. Lady Hawk en Saints het tot die eindstryd deurgedring met Lady Hawk wat hul teenstanders in die finaal 4-2 pak gegee het.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za