Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl streekspan op dreef

Paarl streekspan op dreef
 
2007-05-10


ONDERHANDELINGE tussen Paarlse rugbyklubs wat onder Westelike Provinsie geaffilieer is, en die WP Rugbyunie, het onlangs die bal aan die rol gekry vir die keuring van ’n gekombineerde Paarl-streekspan.

Die doel van hierdie groep, saam met ’n o.21 span, is om spelers te identifiseer wat teen klubs of spelers in die Super A en B ligas van WP kan meeding.

’n Interimkomitee, in samewerking met die Paarl Streekkomitee, wat opgemaak word deur klubs in die Paarl, het reeds begin met die keuring van keurders, afrigters en spanbestuurders.

Pompies Williams is intussen gekies as hoofafrigter van die senior span en sal bygestaan word deur Stephen Arendse en Herman Andrews. Ganief Dulvie sal as die spanbestuurder optree.

Die o.21 span sal deur Garreth Watts afgerig word met Ma’aawiah Moerat en David Adams as hulpafrigters en die spanbestuurder is Lesley Erentzen.

Die keurders is afgevaardig om die wedstryde van Paarl-klubs by te woon om sodoende aan die einde van Mei ’n voorlopige groep spelers aan te wys waaruit die streekspan gekies sal word.

Klubs word verplig om spelers beskikbaar te stel en in gevalle waar klubs nie spelers wil laat gaan nie, sal dié spelers nie toegelaat word om selfs vir die klub te speel nie. Die Paarl Streekspan sal vier vriendskaplike wedstrydevanaf 15 Junie speel.

* Die Paarl streekkomitee nooi die gemeenskap en belangstellendes uit om voorstelle te maak vir ’n gepaste naam vir die streekspan, die kleure van die truie (drie kleure) asook ’n embleem. Voorstelle kan tot 18 Mei by Kassbell Apteek of Paarl Rugbyklub ingelewer word.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za