|
Young Peoples, Hillcrest wen derbywedstryde
Young Peoples, Hillcrest wen derbywedstryde
2007-05-10
DIE spanne van Young Peoples en Albions rugbyklubs het verlede Vrydag teen mekaar kragte gemeet in ’n derby op Daljosafat-stadion.
Die wedstryd het gesukkel om aan die gang te kom met die spanne wat redelik gelyk teen mekaar opgeweeg het.
Albions het harde been gekou om die verdediging van Young Peoples te breek en kon gedurende die hele wedstryd net met een strafskop deur die heelagter Dominic Daniels slaag.
Met die rustydtelling op 6-3 in die guns van Peoples, kon die wedstryd nog na enige kant toe swaai.
Young Peoples het uitstekend gevaar om hul opponente te tem en het ’n verdere strafskop in die tweede helfte oorgeklits om sodoende dié taai kragmeting met 9-3 te wen.
Young Peoples se tweede en derde spanne het hul wedstryde onderskeidelik 5-0 en 6-0 gewen.
* Hillcrest United rugbyklub het in hul derbystryd teen Newton rugbyklub by Pelikaan-park met 11-5 geseðvier.
Heinrich Albertus (heelagter) het Hillcrest se enigste drie van die dag gedruk terwyl Garth Abrahams (losskakel) met twee strafskoppe geslaag het.
Die tweede span van Hillcrest het vasgeval teen Newton en het die kragmeting 7-0 verloor.
Die derde spanne was in ’n strawwe stryd gewikkel met Hillcrest wat uiteindelik naelskraap met 14-12 gewen het. Marshall Wellman het drie strafskoppe oorgesit en ook 'n drie verdoel.
More
News
|
|