Paarl te sterk vir Franschhoek
2007-05-10
VERLEDE Vrydag het Paarl-rugbyklub teen Franschhoek by die Faurestraat-stadion uitgedraf.
Die Paarliete het hul begeesterde bure 11-6 geklop in ’n wedstryd waar hulle die hele tagtig minute moes spook om punte aan te teken.
Die tuisspan het gedurende die eerste helfte aanhoudend aangeval, maar hanteerfoute aan altwee kante was ’n kenmerk van die wedstryd.
Teen rustyd was Paarl ’n kortkop voor met 6-3 en alhoewel hul voorspelers genoeg balbesit vir die agterlyn verseker het, was die verdediging van Franschhoek dodelik.
Paarl se punte is aangeteken deur Clive Samuel (losskakel) wat 'n drie en twee strafskoppe aangeteken het. Die flank Herschall Collins was aangewys as Paarl se speler van die wedstryd.
* Ander uitslae: Paarl II speel gelykop 6-6, Paarl III verloor 8-15, Paarl o.20 klop Durbanville/Bellville 20-15.
More
News
|