Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wellington klop Wesbank

Wellington klop Wesbank
 
2007-05-10


DIE eerste span van Wellington-rugbyklub het die afgelope naweek tuis met Wesbank rugbyklub van Malmesbury 35-24 afgereken.

Die spanne het mekaar gedurende die eerste helfte opdraande gegee met sake wat redelik gelyk verloop het.

Die tuisspan het rustyd met ’n skrale 13-12 voorsprong ingegaan, maar het die krane tydens die tweede helfte oopgedraai om die wedstryd uit die hande van die besoekers te neem.

Tewis de Bruyn (heelagter), Frankie Horne (flank), Dirk Smit (buitesenter) en Janro van Niekerk (loskop stut) het elkeen agter die doellyn gaan kuier. Nicus Bergh (losskakel) het met een strafskop geslaag voordat hy ’n liesbesering opgedoen het. De Bruyn het die skopwerk by hom oorgeneem en drie doel- en twee strafskoppe deur die pale gejaag.

* Wellington se tweede span het in die doodsnikke van hulle kragmeting met 14-12 verloor terwyl die derde span oortuigend met 18-6 as oorwinnaars uit die stryd getree het.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za