Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Afkap van dennebome in Courtrai pla

Afkap van dennebome in Courtrai pla
 
2007-05-10


AS jarelange inwoner van Courtrai wil ek ook my ongelukkigheid uitspreek oor die verwoesting wat in ons geliefde dennewoud gesaai word.

Ek vind die amptelike antwoorde oor watergebruik van die bome amusant, want hul wortelstelsels bind die grond en verhoed erosie, terwyl ek wonder waarheen die water sal vloei wat dan bespaar word as hul uitgekap word.

Intussen wonder ek oor die definisie van ‘n “strook” lang die Courtrai-grens, want wat ek waarneem is twee groot, onreëlmatige happe in die midel van die woud.

Ek wéét; ek stap feitlik elke dag daar. Dit is heerlik koel en skaduryk. Nou moet ons die vooruitsig hê van nuwe plantegroei wat nie in ons geslag skadu sal verskaf nie... en nog meer bemorste en raserige piekniekplekke.

Gaan kyk maar verder op, net onder die boonste Monumentpad, hoe dit daar lyk waar jare gelede bome uitgekap is en die takke en stompe nou nog nie verweer is nie. Dit bied beskerming bied vir allerhande uitheemse gewasse wat floreer.

Ek kry die indruk dis net nog ‘n geval van amptenare wat opdragte sonder diskresie tot op die letter probeer uitvoer en dit dan nog verkeerd kry ook!

Cassie du Plessis

Isabeau Botha van die Afrikaanse Taalmuseum reageer: Eerstens word ons deur die wet verplig om ‘n brandbaan te maak (sien artikels 12 en 14 van die Nasionale Veld en Woud Brandwet).

Ek bevestig dat dit die skoonmaak van ‘n strook van 20 meter vanaf Courtrai se grens behels.

Die “onreëlmatige happe” waarna verwys word, is nodig om spasie te skep om die bome na die binnekant van die grens te laat val.

Ons beoog om ‘n gedeelte van die oop stuk grond wat vir parkering by die amfiteater gebruik word, met inheemse gras en bome te beplant, omdat dit tans verder verniel word deur erosie veroorsaak deur onwettige vierwielfietsryers.

Indien die terrein in die toekoms vir piekniekgeriewe gebruik sou word, sal dit onder streng toegangsbeheer van die Taalmonument geskied, juis om ongemagtigde pieknieks met gepaardgaande geraas en rommelstrooiing, soos tans gebeur, te voorkom.

Inwoners word vriendelik versoek om die polisie by 082-443-5647 in kennis te stel van ongemagtigde pieknieks.

Die Taalmonument wil met bogenoemde stappe ‘n bydrae lewer tot ‘n veilige omgewing vir die huidige geslag inwoners, asook tot die bewaring van die berg vir die volgende geslag. Stuur navrae aan admin@taal museum.co.za.



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za