Carlos en Esra by HMS
2007-05-10
DIE glansryke Miss Girls’ High-kroning vind eerskomende Dinsdagaand om 19:00 plaas in die Paarlse stadsaal.
Behalwe vir die beeldskone meisies en pragtige uitrustings wat te siene sal wees, sal Pedro Camara (Carlos, van 7de Laan) die dames iets meer gee om na te kyk as bloot mooi klere. Esra van Idols faam gaan ook beslis ekstra luister aan die aand verleen.
Die twaalf finaliste gaan die gaste op ‘n reis deur Afrika neem op die maat van rou, polsende ritme. Sonder om die aap uit die mou te laat, wag daar nog vele verrassings.
Die kaartjies verkoop soos soetkoek en lesers word aangeraai om so gou as moontlik hul kaartjies te bekom by die skool teen R60, R80 en R100.
More
News
|