Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wilde Willemien waai nader

Wilde Willemien waai nader
 
2007-05-10


‘n GRATIS opvoering vir kinders en almal wat jonk van gees is, word Dinsdag 22 Mei by Amstelhof Primêre skool aangebied om 15:00.

Dit is die prettige opvoering “Die avonture van Wilde Willemientjie” met akteurs Lindi Smit, Deon van Zyl, en Burnese Cronj (as die onweerstaanbare Willemientjie).

Die opvoering word geborg deur die Afrikaanse Taalmuseum.

Die stuk, ‘n musikale kinderversdrama uit die boonste rakke, is gskryf deur Riana Scheepers en het die KANNA-prys vir die Beste Kinderproduksie by die KKNK 2006 gewen.

Die toneelstuk vertel van die avonture van Willemientjie, ‘n klein, wilde meisietjie met sproete en ‘n slangetjie in haar woeste rooi hare. Sy ry op ‘n gemsbok en is nie bang vir skurke nie.

Op haar reise besoek sy die Knysnawoud en die maan, en ontmoet sy ‘n walvis en ‘n seerower.

Dit is ’n energieke, vrolike, interaktiewe opvoering gemik op kinders van alle ouderdomme.

Ouers en onderwysers word aangemoedig om veral laerskoolkinders bewus te maak van hierdie besondere vertoning.

Die regie en musiekregie word gedoen deur die Niël Rademan. Vir navrae, skakel 021-872-3441.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za