Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


US koor bied konsert Sondag

US koor bied konsert Sondag
 
2007-05-10


DIE Stellenbosch Universiteitskoor, onder leiding van André van der Merwe, sal Moedersdag om 16:30 ‘n uitvoering lewer in die Endlersaal, US Konservatorium te Stellenbosch.

Werke van Byrd en Elgar, Afrikaanse liedere en spirituals, asook eietydse komposisies kan gehoor word. Die geleentheid sal ook die koor se eerste uitvoering in hul nuwe koordrag wees.

Kaartjies is R50 (R30 vir pensionarisse en R20 vir studente/skoliere) by die Konservatorium Kaartjiekantoor en sal ook voor die aanvang van die uitvoering by die Endlersaal-loket beskikbaar wees. Vooraf telefoniese besprekings kan gemaak word by 021-808 2345.

Vir meer inligting oor hierdie, sowel as toekomstige aanbiedings, besoek www.sun.ac.za/music.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za