Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Laborie kook saam met internasionale sjefs

Laborie kook saam met internasionale sjefs
 
2005-05-26


DIE Laborie restaurant in Paarl het die groot voorreg om tydens die Good Food Show in die Kaapse Konvensiesentrum, van vandag tot Sondag, saam met drie Michelin-ster-bekroonde sjefs te kook.

Die Good Food & Wine Show is deel van die Kaapse Gourmet Fees.
Martin Blunos van Engeland en houer van twee Michelin sterre vir meer as 15 jaar; Irma Dutsch van die luukse Hotel/Restaurant Fleschhorn in Switserland en Reto Mathis internasionale voedselentrepreneur en kosguru, tesame met Laborie Restaurant, open vir vier genotvolle dae ’n restaurant reg in die middel van al die aksie.

Dit is ’n eerste in Suid-Afrika en sal aan Kapenaars die wonderlike geleentheid bied om eerstehands hierdie sterre se kos te ervaar.

Elke sjef kry een dag om ’n eengang-middagete en driegang-aandete voor te sit. Die geregte sal elkeen met ’n glas KWV uitsoek-wyn voorgesit word. Die restaurant vorm deel van die KWV Leefstyl Emporium waar wyn- en brandewynproeë daagliks aangebied sal word.

Gaste kan ook hier meer leer van die interessante kuns om wyn te versny en in die informele sitkamer drankies en happies geniet.

Besprekings kan tydens die skou by die KWV Leefstyl Emporium gedoen word, of skakel Lizelle by 072-966-1528 vir besprekings en navrae.

Pryse wissel van R75 vir ’n middagete tot R150 vir ’n driegang-aandete, wyn ingesluit.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za