Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


As ma drink, `drink' baba saam

As ma drink, `drink' baba saam
 
2005-05-26


AS ma drink, `drink' baba saam. Hierdie woorde skok leerlinge, maar bring die werklikheid van Fetale Alkolholsindroom aan hulle tuis.

Volgens FASfacts, ‘n organisasie wat hierdie verskynsel ondersoek, is die voorkoms daarvan in plattelandse gebiede in die Boland so hoog as vyf uit tien per honderd persone (5% tot 10% van alle kinders in daardie spesifieke area).

Kinders wie se ma’s gedurig gedrink het tydens swangerskap, word gebore met ‘n kleiner brein, leer swaar en is dikwels humeurig en moeilik hanteerbaar.

“Ongebore baba’s kan nie vir hulself praat nie. Die breinskade wat opgedoen word voor geboorte, kan die potensiaal wat die kind gehad het, vernietig,” sê Francois Grobbelaar van FASfacts.

Die Wes-Kaap het, net soos met tuberkulose, die hoogste voorkoms van FAS in die wêreld, veral onder plattelandse inwoners.

Die feite rondom Fertale Alkoholsindroom en die invloed op die samelewing lees soos ‘n riller.Dit is die grootste enkele oorsaak van verstandelike vertraagdheid in die meeste geïndustrialiseerde lande.

Leerstoornisse en gestremdheid, vroeë skoolverlating, jeugmisdaad, armoede en gepaardgaande verarming, chroniese werkloosheid, ongewenste tienerswangerskappe, prostitusie, kindermolestering, seksuele aanranding en verkragting, verstandelike versteurdheid, roof, moord, bendegeweld, dwelmmisbruik en verslawing, dwelmsmokkelhandel, alkholisme en helaas ook Vigs en verwante komplikasies is almal deel van die sosiale en duur probleme wat direk of indirek deur FAS veroorsaak word.

Hierbenewens is die verstandelike en neurologiese skade veroorsaak deur FAS onomkeerbaar en sal die FAS-kind nooit ‘n eie oordeel of keuse kan maak of hy alkohol sal of wil gebruik nie, ‘n keuse wat reeds vir hom gemaak is as ongebore baba.
Soos met Vigs is daar geen genesing vir FAS nie.

Soos enige ander gesondheidsprobleem kan FAS geklop word: Dis 100% voorkombaar, daarom kan voorkoming- en behandelingsprogramme die voorkoms van FAS drasties verminder.

Vroëe diagnose, nuwe tegnieke van terapie en mediese behandeling asook opvoeding, kan mense met FAS steeds toelaat om produktiewe lewens te lei, en die land miljoene rande spaar wat elders aangewend kan word.

Die boodskap is duidelik dat ‘n swanger vrou geen alkoholiese drank moet gebruik nie, en kinders (die ouers van die toekoms) word nou reeds oor die gevare ingelig.

* The unborn babies of heavy drinking expectant mothers are forced to “drink” with them, leading to permanent brain damage.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za