Dief op motorfiets gesoek
2007-05-17
’n DIEF op ’n motorfiets het onlangs by ’n wynplaas groot skade aangerig.
Polisie-insp Billy Petersen (874-8000) van Groot Drakenstein soek inligting wat hom die dief sal help vastrek.
Volgens hom het die verdagte Donderdagaand 3 Mei die deur na die proelokaal by Cowlin Wines aan die Simondium-Klapmutspad oopgebreek. Die alarmstelsel is uit die muur geruk sonder dat dit geregistreer is.
Die dief het ontsnap met twee silwerkleurige Sony Vaio skootrekenaars, 2000 Amerikaanse dollars en R2500 kontant.
More
News
|