Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gardens verspeel kanse

Gardens verspeel kanse
 
2007-05-17


DIE eerste rugbyspan van Young Gardens het die afgelope naweek ’n gulde geleentheid deur hul vingers laat glip om Hamediahs, huidige voorlopers in die liga, op hul tuisveld te klop.

Die Paarliete moes gedurende die eerste vyf minute omtrent wal gooi, maar krake in hul verdediging het die tuisspan toegelaat om twee verdoelde drieë aan te teken.

Die besoekers het spoedig alle gate gestop en met ’n teenaanval gesorg dat hulle teen rustyd slegs 14-10 agter was.

Te danke aan die skopskoen van Davey de Kok (10) het Gardens in die tweede helfte die meerderheid gebiedsvoordeel geniet.

Kort voor die eindfluitjie het die Paarliete 23-21 voorgeloop, maar Hamediahs het vir ou laas die verdediging tydens ’n lynstaan gebreek om die wendrie te druk. Gardens het 26-23 verloor.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za