Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gee jou hart vir Drakenstein

Gee jou hart vir Drakenstein
 
2005-05-26


GEE jou hart vir Drakenstein is ’n ingrypende, nuwe plan van die Wamakersvallei Opleidingsentrum en Miqlat om werkloosheid in Drakenstein hok te slaan.

Irene de Waal, hoof van die opleidingsentrum, sê werkloosheid word nou op so hoog as 83% geraam.

Dit is hierdie nood wat haar en Hester Veldsman van Miqlat met dié plan vorendag laat kom het.

Hulle doen ’n beroep op mense met ’n salarisinkomste om R300 per jaar aan die projek te skenk, wat sal betaal vir een werklose persoon se opleiding.

Die werklose mense sal opgelei word in naaldwerk, huishouding en tuinmaak.

Die naaldwerkklasse sluit patroonuitleg en afwerking in, terwyl huishouding kyk na tafel- en wynetiket, kookkuns en huishoudingbestuur.

Tuinmaak behels tuinuit-leg, snoei, mikrobesproeiing en instandhouding van gereedskap.

Die borge sal op hoogte gehou word vir wie hulle geld gebruik word, hoe eksamenuitslae lyk en waar die persoon werk gekry het.

’n Plasingsburo, Drakenstein Opleidingsentrum, sal ook op die been gebring word om mense te help wat werk soek.

Dié sentrum sal by Miqlat se kantore op die hoek van Bougainvillea- en Lantanastraat, Paarl wees.

Mense wat wil registreer, moet R50 betaal en ’n vorm invul. Die minimumvereistes is graad 5.

Borge kan geld inbetaal op Wamakersvallei Opleidingsentrum se tjekrekening by Absa Wellington. Die nommer is 405-899-8558.

’n Afskrif van die depositostrokie moet gefaks word aan 873-5942. Dit is ook die nommer vir navrae.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za