Coronations verras Paarl amper
2007-05-17
DIE eerste span van Paarl Rugbyklub is verlede Saterdag by die Faurestraat-stadion amper ore aangesit deur Stellenbosch Coronations nadat hulle ontsnap het met ’n 21-15 oorwinning.
Die besoekers, wat tans laaste op die punteleer lê, het die Paarliete effens verras in ’n wedstryd wat gekenmerk is deur ’n tekort aan hoogtepunte.
Die spel was baie los met weinig agterlynbewegings aan altwee kante.
JP Steenkamp en EG Brand het elkeen ’n drie vir Paarl gedruk. Clive Samuels het ’n straf- en doelskop oorgeskop terwyl Ryno van Wyk verder met twee strafskoppe geslaag het.
Paarl II het 10-0 gewen en Paarl III het 8-7 verloor.
More
News
|