Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Spogduiwe pronk

Spogduiwe pronk
 
2007-05-17

May Saal

PLAASLIKE wedvlug-duiweboere het onlangs aan die eerste gesamentlike duiweskou van die Wes-Kaapse Sierduifklub en die Suid-Afrikaanse Nasionale Wedvlugduifklub by Bolandpark deelgeneem.

Vir die wedvlug-duiweboere was dit ‘n besondere geleentheid aangesien dit ook die Nasionale Skou van die Suid-Afrikaanse Nasionale Duiwe Organisasie was.

Die kampioenduif op skou was die Ou Duitse Meeu van Johnny Renda. Die eerste reserwekampioen was die Duitse skoonheidsposduif van Danté Pelser, die tweede reserwekampioen was die Helmet van Fadiel Hendricks en die kampioen junior duif was die Amerikaanse skouposduif van Tredoux Nigrini.

Die nasionale kampioenskapskou van die SA Sierduifvereniging vind van 3 tot 6 Julie plaas te Kleinplasie, Worcester. Ongeveer 2 500 sierduiwe van 120 verskillende rasse sal vertoon word (toegang is gratis).



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za