Hospitaal weer beroof
2007-05-17
VIR die tweede keer binne ’n maand is daar by die TC Newman hospitaal, Paarl-Oos, ingebreek.
Diewe het toegang tot die hospitaal gekry deur ’n veiligheidshek oop te dwing en die deur stukkend te skop. ’n Rekenaar is gesteel.
Dieselfde aand is daar in die gebou van Athlone House of Strength agter die hospitaal ook ingebreek. Hier is twee LG televisies gesteel, asook sweetpakbaadjies, sakke en voorskote, almal blou van kleur met die wapen ‘Western Cape Home for All’ op.
Enigiemand wat die polisie met hul ondersoek kan help, kan vir insp Gavin Lombaard skakel by 021-807-7918.
More
News
|