Fortuin verban van krieketpark
2007-05-17
DIE bekende restaurant Stumps by Boland Krieketpark se deure is Donderdag deur die Paarlse balju gesluit en die eienaar, Tommie Fortuin, is verbied om weer die perseel te betree.
Roerende bates staan nou agter slot en grendel terwyl opdrag aan die hek-sekuriteit gegee is dat Fortuin en sy personeel onder geen omstandighede die perseel van Boland Krieketraad mag betree nie. Dieselfde dag het Fortuin ’n dringende aansoek by die Hooggeregshof ingedien waarin hy versoek dat die lasbrief tot beslaglegging opgehef en tersyde gestel word.
Hy het aangevoer dat hy reeds ’n aansoek by die Hooggeregshof gebring het om ’n arbitrasie-skikking van verlede jaar (waarin hy R550 000 toegestaan is met ’n eis teen Boland Krieket) in hersiening geneem moet word.
Die kontrak tussen die spysenier en die Kriekertraad het einde April verstryk.
Regter Michael Wragg het Vrydagaand om 19:40 in die Hooggeregshof die dringende aansoek van die hand gewys, met kostes wat tot R60 000 kan beloop.
Die restaurant bly gesluit.
* Stumps restaurant at Boland Park cricket grounds has been closed by the sherrif of the court.
More
News
|