Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl-Oos is 'Gouws-voos'

Paarl-Oos is 'Gouws-voos'
 
2007-05-17


INWONERS van Paarl-Oos sę hulle is “Gouws-voos” en staan nou saam in die eis vir die kop van die selfaangewese gemeenskapsleier, Marthinus Gouws.

Die gort is gaar nadat dit aan die lig gekom het dat ’n klag van bedrog teen Gouws ondersoek word.

Die saak spruit uit ’n hofsaak onlangs in Vredendal waar Gouws byna R12 000 ontvang het toe hy homself as regsadviseur voorgehou het tydens ’n moordsaak.

Hy is deur regter Siraj Desai uitgevang en beveel om die geld aan sy slagoffer terug te betaal.

Hierna het Gouws beweer dat die geld weg is nadat daar ’n inbraak in sy huis sou plaasgevind het. Die egtheid hiervan word nou ondersoek.

Vir die trotse gemeenskap van Paarl-Oos was die nuutste aantygings die laaste strooi van Gouws se lang pad van eskapades.

Gouws, wat homself as ’n pastoor voorgee, het al verskeie keer met die gereg gebots.

In 2005 is ’n saak van verkragting van ’n tienermeisie teen hom hangig gemaak, na ’n voorval in die Welsynskantore in die Paarl.

Die saak is later teen Gouws teruggetrek. Hy is hierna weer aangekla op ’n afsonderlike klag van poging tot verkragting en onsedelike aanranding van ’n werknemer van sy skoonmaakdiens.

In ’n mosie van wantroue het die gemeenskap ’n petisie met meer as 1000 handtekeninge aan Mark Pickeur, voorsitter van die Paarl-Oos Gemeenskaps Polisieforum, oorhandig, om Gouws uit die forum te skop.

“Die gemeenskap is moeg daarvoor dat hulle in die verleentheid geplaas word deur Gouws en hierdie nuutste aantygings teen hom sal dringend ondersoek word.

“Gouws was vir drie maande lank die tesourier van die forum. Tans is hy tydelik geskors totdat ’n onafhanklike dissiplinęre komitee ’n volledige ondersoek voltooi het na sy doen en late.”

* Controversial Paarl-East ‘community-leader’ Marthinus Gouws, has been suspended from the Paarl-East Community Policing Forum, pending an investigation against him.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za