Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Veldtog trots geloods

Veldtog trots geloods
 
2007-05-17


TROTS WELLINGTON is ‘n opwindende nuwe veldtog wat verlede week deur die Wellington Sakekamer geloods is waarin die sakesektor, die regering, organisasies en individue ‘n verskil wil maak deur hande neem om mee te help om waardes, moraliteit, leierskap en goeie korporatiewe bestuur te herstel in die gemeenskap.

By die loodsfunksie het die voorsitter van die Sakekamer, Tokkie de Beer, gesê: “In Suid-Afrika is daar baie om op trots te wees, maar daar is ook baie waaroor ons ons behoort te skaam.”

Onder die sake wat bespreek is, was misdaad en wetstoepassing op Wellington, netheid, sosiale probleme en toerisme.

Onder die genooide sprekers was verteenwoordigers van die munisipaliteit, polisie, verkeer, verfraaiingskomitee en Welvisie.

De Beer het plaaslike sakelui en leiers uitgenooi om hulle te verbind tot die veldtog wat hom beywer vir dissipline, deursigtigheid, onafhanklikheid, aanspreeklikheid en verantwoordelikheid, regverdigheid en sosiale verantwoordelikheid.

Mense wat belang stel, kan hom kontak by 021-873-5933 of 084-701-6620.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za