Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Besoek museums gratis

Besoek museums gratis
 
2007-05-17


INTERNASIONALE Museumdag word vanjaar weer wêreldwyd op Vrydag 18 Mei gevier en vanjaar se tema is Museums en Wêreld-erfenis.

Beide die Afrikaanse Taalmuseum (in Pastorielaan) en die Paarl Museum gooi Vrydag hul deure oop vir die publiek om die museums se uitstallings gratis te besigtig.

By die Taalmuseum sal die museumgids, Megan Ruiters, begeleide toere aanbied om besoekers bekend te stel aan die museum se uitstallings wat Afrikaans se geskiedenis oor sowat 300 jaar uitbeeld.

Min Afrikaanssprekendes is bewus van die ware wortels van hul taal, wat oor drie kontinente versprei lê, naamlik Asië, Europa en Afrika.

Verskillende tale, waaronder Maleis, Frans, Duits, Nederlands, Portugees en inheemse Khoi- en Afrikatale, het die ontwikkeling van Afrikaans beïnvloed.

Kontak die Taalmuseum by 021-872-3441 en Paarlmuseum by 021-872-2651. Voorafbespreking is noodsaaklik vir groepe.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za