Tuinbou-ontbyt
2007-05-17
DIE Paarl Tuinbouvereniging bied ‘n laatonbyt aan by Le Bonheur, Simondium, op Donderdag 24 Mei om 09:30.
By hierdie geleentheid sal tydskrif-illustreerder Alzette Prins ‘n baie praktiese praatjie en demonstrasie hou oor verftegnieke in en rondom die tuin. Kom geniet die oggend saam en word geïnspireer deur hierdie talentvolle kunstenaar.
Toegang is R75 (R85 vir nie-lede) en sluit die vonkelontbyt in.
Kaartjies is beskikbaar by Eccentric Trading.
Vir navrae, skakel Mildie 082-881-8586 of 021-863 2336 of Ilse 083-709-6408 en 021-872 2271.
More
News
|