Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kuieraand met Etha

Kuieraand met Etha
 
2007-05-17


DIE sangeres Etha tree op 15 Junie om 19:30 by die Laerskool Drakenstein op in ‘n dans- en kuieraand wat aangebied word as ‘n fondsinsameling ten bate van die eenjarige Abigail Cloete, ‘n baie jong suikerlyer.

Abigail het ‘n seldsame vorm van suikersiekte waar haar pankreas haar suiker vernietig.

Sy het alreeds vier operasies ondergaan sedert geboorte en haar weerstand teen infeksie is swak.

Haar pa is die enigste broodwinner en finansieel is die hospitaalonkostes te veel vir die familie. Enige borge sal welkom wees.

Kaartjies is R60 en sal op 20 Mei te Aurorastraat 1, Denneburg te koop wees of skakel Corné Kuhn by 082-837-9488.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za