Wilde Willemientjie hier
2007-05-17
’n GRATIS opvoering van die prettige “Avonture van Wilde Willemientjie” word Dinsdag by Amstelhof Primêre Skool in Paarl-Oos aangebied om 15:00.
Die opvoering, met akteurs Lindi Smit, Deon van Zyl en Burnese Cronjé, word geborg deur die Afrikaanse Taalmuseum.
Die musikale kinderversdrama is geskryf deur Riana Scheepers en vertel van die avonture van Willemientjie, ’n meisietjie met sproete en ’n slangetjie in haar woeste rooi hare. Sy ry op ’n gemsbok en is nie bang vir skurke nie.
Vir navrae, skakel 021-872-3441.
More
News
|