SAPD is tops
2007-05-17
EK kan net in reaksie op Gilmore Smith se brief (10 Mei) sê dat ek jammer vir hulle is, want ons hier in Wellington het fantastiese manne en vroue in die Polisie.
Ek kan van ondervinding praat. Daar is ongeveer drie weke gelede by my huis ingebreek terwyl ek tuis was.
Die polisie was vinnig op die toneel, uiters behulpsaam en professioneel en ook meelewend. Ons area word gereeld snags deur die polisie gepatrolleer om ons veiligheid te verseker.
Interessantheidshalwe woon ek in ’n middelklas-area en nie in ’n ryk woonbuurt nie.
A le Roux
More
News
|