Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Uitstekende diens

Uitstekende diens
 
2007-05-17


MY vriendin vanaf Namibië het hier kom kuier. Sondagaand het sy ontdek dat sy haar paspoort verloor het, want sy wou Maandagoggend terugkeer na Namibië.

Om 08:00 die oggend was sy met foto’s in die hand by Binnelandse Sake om ’n tydelike paspoort te bekom. Sy was nie baie hoopvol om vinnig die paspoort te kry nie omdat daar baie negatiewe publisiteit is oor dié departement.

Sy was egter aangenaam verras en bly toe ’n baie hulpvaardige mnr Thozamile Madikane haar op ’n baie beleefde en professionele wyse gehelp het en om 11:00 was haar tydelike paspoort gereed.

Baie dankie aan mnr Madikane. Sulke diens is voorwaar prysenswaardig en maak my baie positief oor die effektiwiteit van die Staatsdiens.

Nellie Colyn



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za