Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Toets bestuurders weer

Toets bestuurders weer
 
2007-05-17


EK glo dat 50% van ons bestuurders in die land (ek kan praat, want ek bestuur oral oor die land) nie weet hoe om om ‘n verkeersirkel te beweeg nie.

Van die 50% wat wel weet, stel seker die helfte nie belang om dit reg te doen nie.

My vrou ry so ‘n week gelede vanaf  Lady Greystraat en moes die Boulevard volg om die verkeersirkel by die Paarl Polisiestasie.

Sy beweeg na die regterbaan en gaan in die binnebaan om die sirkel en met haar flikkerligte aan ry sy uit die sirkel in die Boulevard in.

‘n Man met sy dubbelkajuit bakkie ry toe skuins agter haar aan haar linkerkant. Toe sy uitbeweeg ry sy voor hom in, want hy wou nog verder om die eiland beweeg.

Nodeloos om te sê wat toe gebeur het. Die handgebare en tekens wat ‘n matroos sal laat bloos was regtig onnodig.

Meneer, ek stel voor dat jy weer jou bestuurstoets gaan doen, en indien die verkeersbeampte jou weer laat slaag, plaas sy naam in die koerant sodat ons kan sien wie die onbevoegde beampte is.

So terloops, gaan staan voor ‘n spieël, gooi weer daai tekens en kyk hoe mooi en manlik jy lyk. Moenie dat jou kinders dit sien nie, jy mag hulle miskien teleur stel.

Rondomtalie   



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za