Min gehoorsaam padreëls
2007-05-17
EK stop by ’n stopstraat en binne 75 minute sien ek uit 103 voertuie slegs 11 stop, nie een van nege fietsryers stop nie en voetgangers stap soos 'n klomp skape oor die kruising, enige tyd.
Is dit nie die rede waarom so baie mense op ons paaie sterf nie? Asseblief mense, gehoorsaam die padreëls en voorkom so ongelukke.
Dit mag dalk u eie familie wees wat gaan ly.
Bekommerde padgebruiker
More
News
|