Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Is hierdie liga nodig?

Is hierdie liga nodig?
 
2007-05-17


GRAAG wil ek hiermee aan ons rugbyklubs in die Paarl vra, hoe voel hulle werklik oor die beoogde interne “koshuisrugbyliga” vanaf 2008?

Om eerlik te wees, ek was ten gunste daarvan, maar nie meer nie. ‘n plaaslike liga onder ons plaaslike rugbyklubs sal nie werk nie.

Eerstens sal boewery weer begin kop uitsteek en tweedens sal spelers nog steeds nie raakgesien word nie.

Hoe kies jy ‘n sterk verteenwoordigende streekspan, byvoorbeeld uit vyf klubs as daar dertien klubs is? Vir sommige administrateurs gaan dit lank nie meer oor rugby nie, maar oor hul eie ego. Sulke administrateurs is beslis ‘n gevaar vir rugby.

Dit is hoekom baie klubs in die Paarl so swaar kry. As van die administrateurs nie eens hulle eie klubs kan red nie, hoe kan hulle nog Paarl- rugby uit die dood laat opstaan?

Die administrateurs moet besef dat hulle ‘n verantwoordelikheid het teenoor die spelers en moet te alle tye ‘n voorbeeld wees.

Nee wat, kom ons aanvaar, dat Paarlrugby nooit weer in die Paarl sal herleef nie.

“Koshuisrugbyliga” sal ook nooit werklik ons rugbyondersteuners na die Daljosafat-stadion toe bring nie.

Kom ons ploeter maar aan soos die rugby nou is.

Rugbygroete, Chrisbin



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za