Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Honde speel vuil op gronde

Honde speel vuil op gronde
 
2007-05-17


’n BORD met alle reëls, wat van toepassing is by ander skole ook, is aangebring by die gesamentlike ingang van Hoërskool Labori en Laerskool Gimnasium, die enigste toegang tot hul verskeie sportgronde.

Klein Gim het onlangs ’n sportdag gehad en ’n vroue-besoeker het hierdie bord omgery. Sy het net uitgery sonder om te blik of te bloos.

Op hierdie bord was melding gemaak dat geen diere toegelaat word op die terrein nie. ’n Week gelede vanaf 16:45 tot 18:00, het vyf persone met hul honde kom wandel, waarvan twee mense twee honde gehad het, dit wil sê, sewe honde in bietjie meer as ’n uur.

Elke hond doen sy ding omtrent twee keer tydens sy besoek, dit wil sê 14 keer. Maal 14 met 365 dae = 5 110 keer per jaar.

Een hond het langs die asblik en reg onder die skrum-masjien sy ding gedoen. Toe die hondeienaar gevra word om dit op te tel, het hy gesê dat hy dit van volgende keer af sal doen.

’n Dame het spesiaal haar twee honde met haar voertuig gebring. Met my eerste poging het sy my geïgnoreer en net aangestap.

Met haar terugkeer het haar honde ’n klein dogtertjie skrikgemaak wat huilend in haar moeder se arms ingehardloop het. Die vrou het haarself nie eers verwerdig om die moeder om verskoning te vra of die dogtertjie gerus te stel nie.

Sy het gesê dat haar honde nie hul ding doen op kort gras nie, maar net in lang gras langs die veld en dat sy toestemming het.

Wie sal toestemming gee dat honde op ’n sportveld hul ding doen?

Toe sy ingelig word dat daar ander plekke is as sportgronde het sy gesê dat daardie plekke nie omhein is nie en dan kan haar honde nie vry rond- hardloop nie.

Is dit hoe alle persone wat hul honde na sportgronde toe neem redeneer? Het hulle al ooit ’n kind se skoene moes skoonmaak of ’n rugbytrui/broek/kouse moes was as gevolg van ’n hond se ding wat hy gedoen het op die rugbyveld?


Daar is ’n Boxer-hond wat feitlik permanent op die veld is en tydens wedstryde soms die spel so ontwrig dat dit gestop moet word totdat hy van die veld af is. Weet die eienaar nie wat kan gebeur as ’n kind oor die hond val en beserings opdoen nie?

Mense, ons is almal opgevoed, en honde hoort nie op sportgronde nie. Respekteer die skole en neem jou honde na meer geskikte plekke vir jul wandeling of maak hul behoorlik toe sodat hul nie die sportgronde hul speelplek maak nie!

Trotse Labori-ouer.



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za