Hugo Rust hou skuurdans
2005-03-09
DAAR gaan behoorlik getiekiedraai word wanneer Laerskool Hugo Rust se immergewilde Skuurdans vanjaar onder die sterre aangebied word.
Die tema van die aand is “A night of a thousand stars”. Dit vind môreaand plaas.
Gaste sal die sonsondergang en die opkoms van die maan kan gade slaan vanaf die skool se rugbyveld.
Kaartjies is R100 per persoon. Die ete word by die tafels bedien, en sluit kalfsvleis-schnitzel en ‘n dekadente sjokolademousse in.
Tafelbesprekings kan gedoen word deur die skoolkantoor te bel, 873-1598, of kontak 083-661-7083/083-379-3770 of 084-588-6808.
More
News
|