Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Mishandeling van oumense bekyk

Mishandeling van oumense bekyk
 
2005-05-26


HOEWEL die mishandeling van oumense ‘n alledaagse gebeurtenis in baie van ons gemeenskappe geword het, vee ons dit maar onder die mat.

Chris Majiedt het egter besluit om die mat op te lig en die euwel daaronder te ontbloot deur middel van die toneelstuk “Dis alweer die bure” wat op Vrydag 10 Junie en 11 Junie in die Paarlse stadsaal om 20:00 op die planke is.

Daarin word naarstigtelik na ‘n oplossing gesoek vir die problem van die hulpelose mnr Moolman.

Sonder om die aap uit die mou te laat, kan gesę word dat die humor in die stuk genotvolle vermaak uit die boonste rakke verseker. Die akteurs, almal van Mitchellsplein, is Shalom Goldstone as mnr Moolman, Queenie Manuel as mev Bok, Caitlin Simmers as Wilmien en Chris Majiedt as Dan.

Kaartjies is beskikbaar by die deur. Kontak Chris Majiedt by 082-511-9096 vir navrae.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za