Jeug-ruimte
2007-05-17
AS jy ’n passie het om kinders tussen die ouderdom 3 en 12 in jou gemeente te bedien, bied ’n kursus op Wellington jou die geleentheid.
’n Kursus in kinderbediening vind op 29 en 30 Mei plaas by die Space sentrum vir jeug- en familiebediening van die Hugenote Kollege.
Die kursus dek alles vanaf die uitkomste van doeltreffende kinderbediening, ontwikkelingstadiums van die kind, metodes om kinders te bereik asook hoe om jou kinderbediening te organiseer en te administreer.
Kostes beloop R200 en sluit verversings en kursusmateriaal in.
Registreer voor 25 Mei.
Kontak Gielie Loubser of André Smith by 021-873-2736 of faks 086-603-3354.
More
News
|