Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Neem deel aan Taalvasvra

Neem deel aan Taalvasvra
 
2005-05-26


DIE Vriende van Afrikaans op Wellington beoog om ‘n Afrikaanse taalvasvrakompetisie te hou op Donderdag 18 Augustus as deel van die tak se bydrae tot Afrikaanse Taalweek.

Spanne van drie lede elk kan op enige basis saamgestel word, deur skole, kolleges, koshuise, kerkraad, besigheid, vereniging, ‘n bure in ‘n straat of woonbuurt.

Die vrae sal saamgestel word uit taalgebruik (soos spelling, woordeskat en idiome), geskikte ekwivalente vir Engfrikaans, Afrikaanse musiek, terminologie, die algemene ontwikkeling van Afrikaans, Afrikaanse letterkunde en enige vrae wat die aand interessant sal maak.

Spanne wat wil inskryf moet voor Vrydag, 17 Junie ‘n inskrywingsvorm aanvra by die voorsitter, Etienne Smit (873-30050 of 082-415-1642), en saam met ‘n tjek van R25, uitgemaak aan “Vriende van Afrikaans, Wellington” terugbesorg.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za