Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hulde aan Dalene Matthee

Hulde aan Dalene Matthee
 
2005-05-26


DIE Afrikaanse Taalmuseum in die Paarl hou ’n Dalene Matthee-filmoggend op Woensdag 1 Junie.

Die oggend sluit ’n praatjie en ’n filmvertoning in asook verversings en begin om 09:30 vir 10:00.

Amanda Botha, bekende vryskutjoernalis en jarelange vriendin van die skryfster, sal gesels oor Dalene en haar wêreld - haar boeke, haar lewensbenadering en haar werks- en skryfwyse.

Ná die praatjie sal die film ‘Fiela se Kind’ vertoon word. Dié gewilde rolprent is in 1986 onder regie van Katinka Heyns gemaak.

Matthee beklee ’n besondere posisie in die Afrikaanse prosa. Sy het mense landswyd aan die lees gekry - en aan die lees gehou.

Sedert haar eerste bosroman, Kringe in ’n Bos, in 1984 verskyn het, het sy Fiela se Kind (1985), Moerbeibos (1987), Brug van die Esels (1992), Susters van Eva (1995), Pieternella van die Kaap (2000) en Toorbos (2003) die lig laat sien.

Matthee se werk is in sestien tale vertaal en van haar titels is ook in Engels herdruk.

Haar nuwe roman, Die Uitgespoeldes, verskyn in September by Penguin Books gelyktydig in Afrikaans en Engels.

Kaartjies kos R10 (sop & brood ingesluit) en is te koop by die Taalmuseum in Pastorielaan 11.

Skakel 872-3441 vir meer inligting.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za