Plaas te koop na aanval
2007-05-24
’n EGPAAR se droom om ’n wynmakery te vestig en rustig buite die Paarl te kan lewe, lę aan skerwe nádat hulle gewelddadig aangeval is op hul plaas.
Joan en Trevor Ernstzen se plaas Le Fűt in Klein Drakenstein is in die mark.
Die egpaar is verlede maand deur ’n oproerige skare onder aanvoering van ANC-raadslede, Dan Kotze en Frans Koopman, asook BAWSI-president Nosey Pieterse, gekonfronteer.
Die voorval het plaasgevind nadat die Ernstzen’s ’n dringende uitsettingsbevel verkry het teen ’n werker, Johannes de Water.
Tydens die aanval is beide Trevor en Joan geskop en geslaan, en Trevor het ernstige kopbeserings opgedoen wat hom met breinskade gelaat het.
“Ons het net meer as twee jaar gelede die plaas gekoop om uit die stad weg te kom. Ons wou vir ons gesin ’n beter leefstyl bied en die plaas was perfek,” vertel Trevor, ’n Kaapse sakeman.
“Ons het begin wyn maak en het baie geld in die plaas ingepomp om dié bedryf aan die gang te kry.
“Die probleme het begin toe ons in Mei verlede jaar vir Johannes de Water as algemene werker aangestel het.
“De Water het by ons kom smeek vir werk en blyplek vir sy gesin.”
Joan vertel dat haar man dikwels weg van die plaas was weens werksverpligtinge.
“Hierdie tye het De Water slap gelę. Hy het my gesag verontagsaam en ek het bedreig gevoel in sy teenwoordigheid.
“Toe ons ons oë weer uitvee, het ander mense ook by sy huis ingetrek en het hulle begin amok maak.
“Nadat De Water verskeie kere nie vir werk opgedaag het nie, het ons sy dienskontrak beëindig.”
Trevor vertel verder dat hulle in Januarie ’n tydelike dienskontrak met De Water gesluit het tot einde Februarie, maar huisvesting was uitgesluit.
De Water het egter steeds nie die plaas verlaat nie.
Net voor die dienskontrak verval het, het De Water vir die Ernstzen’s meegedeel dat hy bedank en dat hy en sy gesin na Port Elizabeth sou vertrek.
Kort hierna het hy vir Trevor gevra of hy vir hom en sy familie na Klapmuts kon neem waar hulle sou tuisgaan by familie.
“Toe ons dieselfde dag nog met vervoer by sy woning op die plaas aankom, is die pad met klippe en rotse versper en het die gesin op ons gevloek en geskel.
“Van toe af is ons daagliks deur hulle gedreig en talle vreemdeling het op ons plaas aangekom, insluitend politici.
“Ek is toe gedwing om regstappe te neem, want ons het vir ons lewens gevrees.
“Op 10 April is De Water en sy gesin vreedsaam deur die balju met ’n hofbevel van die plaas verwyder.
“Omdat ons dreigemente van die gemeenskap, asook ANC-raadslede, ontvang het dat hulle die huise op ons plaas gaan beset, het ons die wonings begin afbreek.
“Ons het net gedink dat ons lewens tot normaal toe sou terugkeer, toe ’n skare dié aand op ons plaas toegesak het onder leiding van Pieterse, Kotze en Koopman.
“Dit was ’n nagmerrie. Ek het vir hulle verskeie kere gevra om my plaas te verlaat, want hulle oortree. Maar ek is op die grond neergegooi en geskop en geslaan. Uiteindelik het ek my bewussyn verloor,” het Trevor onthou.
Die fyngeboude Joan sę sy was oortuig daarvan dat haar man doodgemaak gaan word en sy het uit noodweer ’n klip deur die agterruit van Kotze se motor gegooi.
Trevor se gesig was onherkenbaar geslaan toe hy in die Paarl MediClinc opgeneem is. Daar is vasgestel dat hy bloeding op die brein opgedoen het.
Joan se liggaam was ook pimpel-en-pers geslaan.
“Dit was ons droom om ’n klein wynmakery hier te vestig en ons het geweldig hard daaraan gewerk. Nou lę ons droom aan skerwe weens die inmenging van sekere magsbehepte politici.
“Al hoe meer plaaseienaars met wie ons gesels het ná hierdie sinnelose saga het saamgestem dat in die toekoms daar al hoe minder werkers permanent op plase gaan woon, en hulle gaan al hoe meer gebruik maak van kontrakwerkers.
“Die politici skiet hulself in die voet met sulke optredes.”
Daar is klagtes van aanranding teen beide Kotze en die Ernstzen’s by die polisie hangig gemaak.
* A couple is selling their farm after a violent attack on them due to the legal eviction of a farm worker.
More
News
|