Charlene sing weer in Paarl
2005-05-26
DIE bekende oud-Paarliet Charlene Truter tree Vrydag 3 Junie om 19:00 by Laborie restaurant in die Paarl op met ‘n program, `Ek & my musiek’. Die vorige vertoning verlede maand was uitverkoop.
Haar vertoning is ‘n viering van die musiek wat die grootste invloed op haar gehad het - die meeste daarvan in Afrikaans.
Dit is oorspronklik saamgestel vir die Suid-Afrikaanse fees in Vlaandere (België) in 2002 onder die naam Pryslied en met groot sukses daar uitgevoer.
Begeleier Bram Potgieter se slim verwerkings het die musiek ‘n energieke dimensie gegee sonder om die sielvolheid daarvan te verloor.
“Dis vir my gepas dat ek ná die suksesse van verlede jaar terugkeer na my geboortedorp en ek sien uit na di‚ ervaring.”
Vir kaartjies, skakel Laborie 807-3095 of Paarl Muzikfront 872-9183.
More
News
|