Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Verbruikers word oor vingers getik

Verbruikers word oor vingers getik
 
2007-05-24


VERBRUIKERS van elektrisiteit in Drakenstein is deur die munisipaliteit aangeskryf oor die onder- en in een geval, oorverhaling, van rekeninge.

Met die uitvoerende burgemeesterskomitee-vergadering verlede week is openbaar dat die elektriese dienste departement gedurende Junie 2003 ’n oudit van hoë- en laespanning elektrisiteitsmeters onderneem en vasgestel het dat nege verbruikers se rekeninge onderverhaal en een oorverhaal was.

Sewe van die verbruikers het hul rekeninge intussen vereffen, terwyl African Bottle Cap, die onderverhaling in die hof betwis.

Courtex Weaving Mills het geweier om die onderverhaling vir November 2001 tot Junie 2003 te vereffen, aangesien hulle beweer ’n oorverhaling ten opsigte van nywerheidsafloop van Junie 2000 tot Desember 2003 plaasgevind het.

Die oorverhaling was deur die siviele ingenieursdienste departement bevestig en die verbruiker as sulks verwittig.

Die finansiële dienste departement was egter nie van die korrespondensie bewus nie en het gevolglik nie die verbruiker se rekeninge aangesuiwer nie. Daar is voortgegaan om boetes teen die onderverhaalde rekening te hef.

Die waarnemende hoof van finansiële dienste, Cavin Petersen, ondersteun die heffing van boetes van R275 079.

Hy meen ook dat die oorverhaalde heffing ten bedrae van R374 035 ten opsigte van industriële uitvloeisel vir 2000 tot 2003, gekrediteer word teen die onderverhaalde elektrisiteitsrekening ten bedrae van R1 618 073 vir die tydperk in 2001 tot 2003.

Courtex Weaving Mills moet verantwoordelik gehou word vir die betaling van die balans van die elektrisiteitsrekening, naamlik R968 959.

* Accounts of major electricity users in Drakenstein were adapted after under and overcharging.



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za