Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Violets bou voort

Violets bou voort
 
2007-05-24


DIE span van Violets Rugbyklub moes Saterdag sy man staan teen ’n gedugte groep Titans-spelers om dié kragmeting 15-0 te wen.

Die wedstryd het by tye meer gelyk soos ’n swemgala as ’n rugbywedstryd met altwee spanne wat wind en weer moes trotseer om hul stempel af te druk. Makie Heyns, Tyron Uren en E de Jager het drieë vir Violets aangeteken. Violets II wen 21-0 en Violets III verloor 20-0.

* Die nat en winderige weersomstandighede het ’n groot invloed gehad in die kragmeting tussen Paarl Rangers en Hamediahs die afgelope naweek.

Hamediahs, huidige voorlopers in die liga, het die Paarliete, wat onoorwonne was in hul vorige vyf wedstryde, oorheers om uiteindelik met 13-0 te seëvier.

Alfredo Hendricks is aangewys as Rangers se speler van die wedstryd. Rangers II verloor 5-0, Rangers III wen 5-0.

* Die span van Young Peoples Rugbyklub het verlede Vrydag gesukkel om ’n begeesterde Belhar-span by die Daljosafat-stadion met 6-0 te klop.

Die spanne het goed teen mekaar opgeweeg, maar hanteerfoute het veroorsaak dat die eerste helfte sonder enige hoogtepunte verloop het.

Nie een van die spanne kon daarin slaag om hul opponente se verdediging te breek nie, maar Peoples het wel met twee strafskoppe deur Delwayne Cornelissen geslaag. Peoples II verloor 6-0.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za