Wellington klop Robertson
2007-05-24
DIE spelers van Wellington rugbyklub moes verlede Saterdag met meer as net hul opponente, Robertson, rekening hou tydens dié kragmeting in die Boland Premierliga.
Die wedstryd was uiters moeilik as gevolg van die reënweer en modderige veld.
Alhoewel Robertson se voorspelers effens meer beheer oor die wedstryd gehad het, het die Wellingtonners tóg daarin geslaag om hul kanse suksesvol te benut en sodoende die wedstryd 18-12 te wen.
Wellington het onlangs drie Hollandse o.21 spelers (flank, skrum- en losskakel) in hul span verwelkom wat ook ’n groot bydra tot die span se vertoning gelewer het.
Daniel Theron (2) en Morné Coetzee het drieë vir Wllington gedruk en Theuns Schoeman het ’n strafdoel oorgeskop.
* Wellington II wen 22-0 en Wellington III wen 28-0.
More
News
|