Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Musiek is sy lewe

Musiek is sy lewe
 
2005-05-26


HY is besig om sy eerste eie CD saam te stel, maar Piet Galvin se liefde vir musiek strek veel verder as dit.

Gebore en getoë in die Paarl, was hy reeds by verskeie orkeste betrokke en hy beplan nou ’n herlwing van 'n egte 1960's orkes met 'n hedendaagse styl.

Hy het in 1968 begin sing en beskryf homself as een van die oudste musikante in die Valleiwat nog steeds by funksies optree..

Sy stem leen hom uitstekend tot romantiese ballades en dit is dan ook snitte soos Unforgettable, A Man without Love, Please Return to Me en The Last Waltz, wat hy besig is om op te neem.

Piet doen opnames by die huis en dit is hier waar hy ’n helpende hand na die ontluikende sangtalent uitsteek.

Talle jong sangers, soos Christaline Dampies en Wilma Brooks, het al ’n draai by hom geloop om ’n CD uit te bring.

“Ek geniet dit om sangers te help met mikrofoontegniek, ens,” vertel Piet. Hy sê daar is heelwat meer aan die opneem van ’n CD as wat op die oog af mag lyk.

Die bou van ’n klankateljee is iets wat Piet tot ’n fyn kuns ontwikkel het.

Hy sien dan ook sy toekoms in die opleiding van kerke, skole en ander organisasies se klankpersoneel, asook hulp aan mense wat hul eie klein klankateljee wil bou.

Skakel Piet by 073-339-2981 vir navrae en besprekings.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za