Paarl stoeiers presteer in Ceres
2007-05-24
DIE Paarl Stoeiklub het die afgelope naweek aan die Ceres Ope deelgeneem waar verskeie studente goeie prestasies behaal het.
Breyten Maritz (vrystyl seuns o.30kg), Jan-Hendrik Basson (vrystyl seuns o.33kg), André-Willem Maritz (vrystyl seuns o.39kg), Nicky Basson (vrystyl seuns o.50kg) en Jerome Adriaanse (vrystyl kadette o.46kg en presidentstyl o.46kg) het goue medaljes verower.
Sipho Mila (presidentstyl o.27kg) en André-Willem Maritz (presidentstyl o.39kg) het elkeen tweede plekke behaal terwyl Mila ook ’n bronsmedalje in die vrystyl vir seuns o.27kg ontvang het.
Die Boland Stoeivereniging bied op 9 Junie 'n Ope Stoeitoernooi by die ontspanningsklub-saal in Du Toitstraat, Paarl, aan.
More
News
|