Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Stry oor streekspan

Stry oor streekspan
 
2007-05-24

Jacques Rossouw

PLAASLIKE rugbyklubs het die afgelope week hul kommer oor die voorgestelde Paarl streekspanne (senior en o.20) uitgespreek ná bewerings dat ligapunte moontlik afgetrek kan word indien klubs nie hul spelers vir dié span beskikbaar stel nie.

Hierdie streekspanne blyk die huidige Paarl klubs in die WP ligas te vervang terwyl dié klubs dan aan ’n plaaslike kompetisie, die sogenaamde koshuisliga, deelneem. Die koshuisliga sal glo nie deel van enige strukture in die WP wees nie.

Alhoewel die idee agter die streekspan is om spelers te bevorder, en ook meer blootstelling aan hulle te gee ten einde meer verteenwoordigend te kan wees op provinsiale vlak, is nie almal oortuig dit is die regte oplossing nie.

Van die klubs het hierdie week gesê hulle is nie bereid om hul posisies prys te gee vir die bevordering van slegs twee spanne nie.
“Indien ons instem, gaan dit baie moeilik wees om ons status in die premierliga te behou,” het Jacques Heyns, voorsitter van Young Peoples Rugbyklub, verduidelik.

“Ons het die doel uitgesit om binne die volgende drie jaar na die Superliga bevorder te word. As ons deel word van die streekspan, gaan ons dié posisie moet prysgee.

“Ons het te lank en te hard gewerk om te kom tot waar ons vandag is. Ons wil eers kyk hoe dit funksioneer en in watter rigting die streekspan beweeg voordat ons gaan besluit om deel te wees of nie. Ons wil eers kyk of ons dit op ons eie kan maak.

“Tans is ons in die proses om ons visie te verwesenlik en is nie bereid om ons status prys te gee nie. Die pad is hard en moeilik om weer daardie status terug te kry. Dit sal meer voordelig wees vir die klubs in die laer ligas om deel van die streekspan te word. Ons is werklik in staat om kompeterend, op ons eie, in die Premierliga deel te neem.”

Die bestuur van Paarl Rugbyklub het gesê hulle wil voorkom dat die publiek, borge en ondersteuners die indruk kry dat die streekspan die goedkeuring van alle klubs dra.

“Alle voor-en nadele van die streekspan is bespreek en die lede en spelers van Paarlklub het eenparig besluit dat hulle nie in hierdie stadium deel van die opset wil wees nie.

“Dit beteken nie dat die Paarl Rugbyklub nie die toetsing van 'n streekspan ondersteun nie, maar bevestig wel dat die Paarl Rugbyklub nie tans deel daarvan sal wees nie.

“Die Paarl-streekspan is nie 'n verteenwoordigende span van die WPRFU nie. Paarl Rugbyklub is van mening dat daar te veel klubs in die Paarl omgewing is en wat vir die WPRFU vir die ontwikkeling van die spel 'n probleem kan wees. Van hierdie klubs kan wel baat vind deur betrokke te raak by so 'n streekspan.

“Dit bekommer ons egter dat die WPFRU in die media die stelling maak dat hulle klubs sal verplig om hulle spelers vir die streekspan beskikbaar te stel. Alle klubs se siening in hierdie verband moet gerespekteer word. Die streekspan kompeteer in elk geval in die hoogste liga waarin 'n Paarlklub in die vorige seisoen geëindig het.

“Die Paarl Rugbyklub het in die laaste tien jaar in elk geval in daardie liga meegeding en kan nie daarby baat vind nie. Die klub wil dit egter herbevestig dat hy nie 'n streekspan teenstaan nie, maar so 'n keuse moet demokraties wees.”

Dit wil ook voorkom asof die WP waarskynlik ’n paar sente sal spaar met die vestiging van ’n streekspan aangesien hulle dan volgende jaar net een klub (met twee spanne) sal hoef te subsidieer.

’n Moontlike nadraai van die streekspan kan dalk wees dat spelers hulself eerder by Boland gaan registreer.

Die Interimkomitee van die Paarl Streekspan het besluit om nie te reageer nie. “Dit was besluit en genotuleer dat klubs hierdie verskil met WP moet opneem,” het die sekretaris van die streekspan, Kevin Benjamin, gesê.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za