HJS wen in modder
2007-05-24
’n MODDERBAD is die enigste beskrywing vir die veld waarop Hoër Jongenskool Paarl verlede Saterdag vir Paul Roos Gimnasium by die Brugstraat-velde met 26-8 ore aangesit het.
Ten spyte van die wind, reën en swaar veld was die Paarliete se hantering indrukwekkend en het hulle die bal meerendeels onder die voorspelers gehou.
Die agterspelers het op hul beurt ook verkies om te hardloop en het redelik min die kantlyn opgesoek.
Die Stellenbossers het gedurende die eerste tien minute die krane goed oopgedraai en die voortou geneem met 'n welverdiende drie.
Die tuisspan het die situasie vinnig opgesom, van rat verander en die besoekers stelselmatig ten gronde gedryf.
Jan Bertus Vorster, Johan Wilken, John Truter en TB Botha (een drie elk) en Mathew Calitz (drie doelskoppe) het die punte vir Boishaai aangeteken. Die halftydtelling was 14-5 in die guns van die Paarliete. Ander uitslae: HJS o.14B wen15-5, o.14A wen 18-5, o.15B wen 14-3, o.15A wen 27-3, o.16B verloor 22-13, o.16A wen 17-7, o.19D verloor 19-8, o.19C verloor 14-8, o.19B wen 5-3, o.19A wen 26-8. Opsomming: aantal wedstryde (23), gewen (16), verloor (7), gelykop (0), punte vir (313), punte teen (213), wedstrydgemiddelde (14-9). Boishaai het onlangs ook hul jaarlikse treinrit na Bloemfontein onderneem waar hulle uit stoom uit gehardloop het teen Grey Kollege. Uitslae: HJS o.14B wen 24-12, o.14A verloor 24-8, o.15B speel gelykop 12-12, o.15A verloor 20-14, o.16B verloor 46-0, o.16A verloor 36-3, o.19D verloor 72-0, o.19C verloor 83-5, o.19B verloor 51-3, o.19A verloor 48-24. Opsomming: aantal wedstryde (21), gewen (2), verloor (18), gelykop (1), punte vir (180), punte teen (878) en wedstrydgemiddelde (42-9).
More
News
|