Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Suzanne Rentzke by Dorpstraat

Suzanne Rentzke by Dorpstraat
 
2005-05-26


DIE naam Suzanne Rentzke is ’n bekende in musiekkringe in die Paarl.

Sy het in 2000 Matriek geskryf by Hoër Meisieskool Paarl en was daardie jaar ook ’n finalis in die KWV Paarl Talentkompetisie.

Suzanne tree op Dinsdag 7 Junie by die Dorpstraat Teaterkafee op Stellenbosch op.

Haar vertoning wat uit liedjies van haar debuut album, ‘Ek hou van blou’, bestaan begin om 20:00.

Die album kan opreg beskryf word as ’n persoonlike tog deur lief en leed, waar sy die luisteraar saam met haar neem op ’n pad van ontdekking - wie sy is en hoe sy die lewe sien.

Sy deel haar lewenservarings met die luisteraar in dertien snitte waarvan agt komposisies deur Suzanne self geskryf is. Die CD het altesaam elf Afrikaanse snitte en twee snitte in Engels.

Onwillekeurig herinner haar musiek mens aan Rina Hugo, wat ’n luisterliedjie kan omtower in ’n meesterstuk.

Suzanne se musiek is oorspronklik, ernstig, vol emosie en nostalgie, en deurspek met onthou-oomblikke en persoonlike ervarings.
Die CD is by meeste musiekwinkels landwyd beskikbaar.

Suzanne neem tans sangles by Andrea Catzel, maar het ook by Andrew Strauss klas geneem toe sy in die Paarl in die skool was.

“Oom Andrew en Tannie Anneline Strauss het werklik my geleer om my talente op alle vlakke te ontgin en ek is baie opgewonde as ek vandag sien hoe ’n groot bydrae hy maak in die ontginning van talent in die Paarl.

“Hulle twee is regtig juwele wat ek dink nie altyd genoeg erkenning kry vir wat hulle vir die kinders doen nie.”

Suzanne het Skakelwesebestuur aan die Kaapse Technikon studeer, en werk tans as ’n openbare skakelbeampte.

Kaartjies vir haar konsert is by Dorpstraat beskikbaar. Skakel gerus om te bespreek by 886-6107 of info@dorpstraat.co.za.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za